Heelwat gebeur in die paar maande wat verby geglip het. "mens tel mos nie tyd nie" het Pa altyd gesê. die lewe het sy manier om jou besig to laat raak en dan eendag is daar tyd om weer stil te staan en te "reminisce" oor die dinge wat jou lewe ingekleur het. So nou is dit na bykans 5 jaar weer tyd om die inkleurboek nader te trek. Bakkies BnB - goeters wat mense vergeet of agterlaat Nouja terug by die gastehuis en die daaglikse bedrywigheid. Ek vang myself voor 'n sonder-klank TV starende na die beeld maar sien net die bewegings raak.... my gedagtes is by die opruim en skoonmaak vanoggend na gaste uit is............Interessant wat gaste alles agterlaat so na 'n aand of 2 in 'n gastehuis, Buiten die chips, leë Sjokolade papiere leë bierbottels en take-Away kos houers....selfoon laaiers, kamme, tandeborsels en sjampoe Alles goed wat mens verwag maar dan is daar die "ander" goeters wat soms 'n groot vraagteken op jou gesig laat
Posts
Showing posts from 2020