Heelwat gebeur in die paar maande wat verby geglip het. "mens tel mos nie tyd nie" het Pa altyd gesê. die lewe het sy manier om jou besig to laat raak en dan eendag is daar tyd om weer stil te staan en te "reminisce" oor die dinge wat jou lewe ingekleur het.

So nou is dit na bykans 5 jaar weer tyd  om die inkleurboek nader te trek.
  • Bakkies BnB - goeters wat mense vergeet of agterlaat
Nouja terug by die gastehuis en die daaglikse bedrywigheid. 
Ek vang myself voor 'n sonder-klank TV starende na die beeld maar sien net die bewegings raak.... my gedagtes is by die opruim en skoonmaak vanoggend na gaste uit is............Interessant wat gaste alles agterlaat so na 'n aand of 2 in 'n gastehuis,  Buiten die chips, leë Sjokolade papiere leë bierbottels en take-Away kos houers....selfoon laaiers, kamme, tandeborsels en sjampoe Alles goed wat mens verwag maar dan is daar die "ander" goeters wat soms 'n groot vraagteken op jou gesig laat. 
Soos ons groot gemaak is deur Ma Soekie, is daar geen manier dat jy met vuil voete en sonder pajamas in die bed klim nie want --- "Se nou net jy word siek en ek moet myself dood skaam vir jou vuil voete en kaalgat. Mens moet altyd respektabel lyk ..... soos wanneer Dominee kom huisbesoek doen, netjies en uitgevat. Dis snaaks sy het nie aangedring dat daar 'n kam en "bryll creame" op die bed tafel bly nie. Privaat dinge het en moet ook nie vir enige ander rede as wat die naam se
Privaat gehou word.

Met dit ingedagte sien ek weer die gebeure vanoggend toe Bakkies by kamer 15 die deur oopmaak en die "glans tydskrifte", die dames broekie met die fraiings, die mans G-string en 'n klein botteltjie met die geel etiket wat soos Chloroform ruik uit op die skryf tafel sien lê. Eers was dit stil van sy kant en toe begin hy geluide maak wat tussen lag, verbasing, afkeur en opgewondenheid afwissel. "Sies v-k man wat de donner het hier gebeur en wie het hier gebly "? skree hy kantoor se kant toe. Onthou hy het 'n baie lekker Malmesbury brei van sy erre. Almal storm om te gaan kyk, Madame bloos, Eileen gryp haar bors vas en laat waai buiten toe. Marius kom van die kombuis af met 'n blommetjies voorskoot en 'n melktert kors in sy hand ingestorm en geniet die situasie terdeë !.  Bakkies probeer sy pose hou en krap die fonds met die verestoffer se stok in die vullis drom in met groot misnoeë,
Shame, ek het nie gedink hy is so onskuldig nie maar nou ja mens weet nooit..... "stille water - diepe grond en daaronder draai die duiwel rond"  

Dis soos die besoek aan die dorpie Koffiefontein, 'n baie klein en "konserwatiewe" delwers-dorpie met die kerk in die middel van die groot grasperk midde die dorp ----- Seker daar vandaan die baie "kerkplein" benamings. Die oggend het ek 'n ontmoeting gehad met een van die besigheidsmanne op die dorp maar was soos gewoonlik bietjie vroeg.... 'n hele 60 minute te vroeg. Wel klein dorpies het altyd 'n 'n oop koffiewinkel en ek het nog nie iets geëet of drink nie. Op die stoep staan 'n paar hout latjies tafels met stoele met rooi Coca-Cola sambrele en binne is al die ywerige tannies in die dorp se koeke - dis nou die wat hulle bak vir die tuisnywerheid, net vir ingeval jy wonder, uitgestal. Melk tert bo aan die lys, reuse sjokolade koeke, rol koeke en droë koekies. Ek bestel 'n koppie koffie en dwaal tussen die snuisterye op die rakke deur..... Hier tussen die breiwerk le 'n item wat soos 'n "willy warmer " lyk. Ek soek die prys en sien dis R25, Baie netjiese breiwerk en nogal lekker kleurvol met 'n gevlegte toutjie wat lyk my agter om jou lyf sou vasmaak. ....Daar is geen aanwysings of 'n naam op nie en ek vra toe maar vir die tannie agter die toonbank " Wat vir 'n ding is dit die ? " Sy speel opsetlik doof en loer net onderlangs na wat ek in my hand hou. Ek blaai verder deur die rakke en nouja .... die volgende fonds laat my besluit ek gaan hierdie antie nie laat wegkom nie. Dis ' paar potjies met verf en elk is gelabel. "Arbei" Sjokolade" en selfs vanilla. ... Ja jy lees reg ! .. Body Paint . Ha Ha Ha, nou het ek jou !
My koffie is gereed en so met die betaal slag toe ek haar aandag het, vra ek.  "Hoe is die TV opvangs hier op die dorp ?" voor sy kan antwoord vra ek weer, "wat doen die mense vir tydverdryf hier in Koffiefontein"? en ek sit die sjokolade body paint saam met die "Willy warmer" op die toonbank neer. Dis asof die bolla styf trek en haar oë op skrefies na my laat loer. Met haar beste onskuldig ongeërgde houding se sy "dink jy vir een oomblik die mense van hierdie dorp is onskuldig of dood ? Hoe gaan jy vir jou speel goedjies betaal, Kontant of per kaart ?" volg sy op.... Well done ! die glimlag om haar mond se  "Checkmate" .... saam begin ons lag en die extra 45 minute is gou verby. Die terugrit Kimberley toe was kort want in my gedagtes het verkillende weergawes van hoe 'n Sondagmiddag slapie op Koffiefontien sou afspeel.


Comments

Popular posts from this blog

Die nadraai van die Kaap kuier

Voorwoord

Behandeling sonder Mediesefonds !