Posts

Showing posts from August, 2013

Behandeling sonder Mediesefonds !

Die piekniek in Tygerberg hospitaal. Marius moet sy dr. vir roetine sien en aangesien hulle hom dalk gaan verdoof …vra dat ek saam gaan. Ons ry 5h00 uit Wellington ...dis nog donker... hier sit ons 5 de in die ry... ok maar net omdat ons kans gesien het vir die trappe op na die 6de vloer terwyl die hysbak stukkend is. Ander mense in die resies vir voor in die ry, is almal oud en siekker... kieries ... looprame ens .. stadig word die stoele vol en die kaartjies in die box op die toonbank meer... die belangrikste item hier in ontvangs van wes 6... is die box op die toonbank. !! As iemamd naby hom verby loop..gluur almal met `n "moenie rondf..k met die box" uitdrukking jou aan... LOS DIE BOX! . Die stoele is gou hard en die aanvanklikke vrolike ..goeie more verander na `n onderlangse brom in die baard....die oom links van my tik met sy skoensole op die vloer...klink soos `n ritme van die klopse wat hy besig is om te komponeer.. sy kop begin saam ritme hou en toe hy net mooi op

Voete Vind !!

Die Aanpassing Eerste paar dae is maar deurmekaar en ek moet gewoond raak om nie die “shots te Call” nie. Die span is almal baie bly dat ek by hulle aangesluit het en ek word op die hande gedra. Ek blaai deur my goed met die afpak slag en merk dat my Bestuurderslisensie oor 2 weke verval … Nou ja gelukkig ken “ons mense in al die regte plekke” in Wellington en dit word gou uitsorteer. Vriend Maruis (is n bedonnerde 64 jaar oud maar steeds baasbakker en chef – 72 tert korse sien hulle gat in een dag en volgende oggend staan 32 meester melkterte reg vir die bazaar – skenking van Bakkies en Ronel) is veral bly dat ek daar is en die werk word so tussen ons 4 verdeel. Bakkies is “baas”..en help waar dit nodig is en skryf tjeks .. (die goue gans) ..Ronel is “Housekeeping”....(niemand kruis haar pad nie !!!) Marius kombuis / chef en (Mrs Doubtfire….) ek Bemarking en admin !! (nog nie `n naam nie…net die ou met al die nuwe idees wat die besigheid uit die potlood en uitveër jare na inte