Behandeling sonder Mediesefonds !
Die piekniek in Tygerberg hospitaal.
Marius moet sy dr. vir roetine sien en aangesien hulle hom dalk gaan verdoof …vra dat ek saam gaan. Ons ry 5h00 uit Wellington ...dis nog donker... hier sit ons 5 de in die ry... ok maar net omdat ons kans gesien het vir die trappe op na die 6de vloer terwyl die hysbak stukkend is. Ander mense in die resies vir voor in die ry, is almal oud en siekker... kieries ... looprame ens .. stadig word die stoele vol en die kaartjies in die box op die toonbank meer... die belangrikste item hier in ontvangs van wes 6... is die box op die toonbank. !! As iemamd naby hom verby loop..gluur almal met `n "moenie rondf..k met die box" uitdrukking jou aan... LOS DIE BOX! . Die stoele is gou hard en die aanvanklikke vrolike ..goeie more verander na `n onderlangse brom in die baard....die oom links van my tik met sy skoensole op die vloer...klink soos `n ritme van die klopse wat hy besig is om te komponeer.. sy kop begin saam ritme hou en toe hy net mooi op dreef is skree iemand: “aag klap die ou teen sy kop dat hy kan ent kry met die lawaai, hys elkgeval van tune af!” In die gang weerklink ‘n vrolikheid wat aan ‘n klomp budgies om ‘n bak voëlsaad herinner…. Drie vrolike tannies in sweetpakbroeke en elk met ‘n piekiekmandjie en ‘n boek stap in … kyk die sittendes aan en groet ewe vrolik terwyl hulle in plaas van op die stoele , hul komberse op die grond voor die eerste ry opmaak….glo my die mense op die stoele lyk soos ‘n gehoor wat na ‘n skoolopvoering kyk !!! . Die drie maak hulle tuis en maak die mandies oop ….. worsrolle, koffiefles, lekkergoed en tot ‘n jammerlappie. Die geur van kits koffie vul die lug toe hulle die koffie seremonieël hoog uit die fless in die blikbeker laat val…. Die oom met die klappende skoene lek sy lippe af en haal sy tande solank uit !!!! Hy gaan vra, ek sien dit! Hy gaan vra !!!
Die toonbankdeure skuif oop en daar`s `n nuwe opgewondenheid onder die stoelsitters.... Die aandag skuif weg van die piekniek na DIE BOX !!!! dit word leeg gemaak en die eerste name word geroep..... Grace Kelly.!! . Ja regtig ek wonder skielik of dit nie dalk die 1 ste April is nie ..maar die vrou staan statig op en stap in stilte toonbank toe! Almal wonder met eie gedagtes oor die oorsprong van die naam! !
So skuif mens van die een stoel tot die ander....na Grace kom... JanKiewiets.!!!!!! ..niks ... Jan Kiewiieeets !!!!..nog niks .. ander naam en ons skuif aan..Stadig begin die ry korter word en die stoele minder.. die tempo neem teen 9 uur af... daar is baie werkers agter die toonbank maar uit die vyf is daar twee wat werk ander staan rond en lyk besig. Ek kyk na die tafel agter die toonbank en sien die Papertrail.. raak al hoe meer.. hulle stapel eenvoudig net die leêrs opmekaar en lyk my vergeet daarvan.
Iets verander in die proses, want al die agterbankers en laatkommers word skielik eerste geroep. .. almal raak ongeduldig en my oë vang nog `n box op die ander toonbank… "voorstelle en klagtes doos" …staan daarop met `n kokipen geskryf... wonder of daar iets van sal kom. ... Die drie anties met die perêls en drie mandjies met boeke,. ..begin ook lont ruik en onderbreek hulle piekniek.. een stap na die toonbank en vra.. hierdie mense was dan na ons... wat gaan nou aan ? Niks mevrou.. hulle se kaartjies was in die box gewies !!! Die oom met die klop skoene brom ... ja hulle het betaal om hulle se kaartjies die vorig dag al in die box te gooi... ek wiet! !! Self gehoor.. julle da agter die counter.. julle vat mos.. ja julle pay is mos nie genog nie! !!! En ons betaal maar ! Die piekniek pak op en stoom die gang af...Jan Kiewiets !!!!! ...... moes hy nie nou agter in die ry gewies het nie !!! Vererg die buurman hom !! So gaan dit.."hoe sit die boere sit, sit so..
Marius kry sy leêr en ons stap vol moed na die volgende vloer... met die om-die-draai kom slag voel dit of mens in `n klomp spieëls kyk! Daar is rye en rye en rye mans op stoele in die gang af! !!!.
Gee daar `n botteltjie ek kan nie meer hou nie, netnou pie ek die hele plek nat...julle gaan my tog netnou vra.. skree Marius. . Baie mans...baie botteltjies!!!! ...(urologie) die urine reuk hang swaar in die lug en ons kies koers na die verste ent van die stoele... Jan Kiewiets! !!! Weergalm dit deur die gange.. … ‘n ou oom kom met n rystoel alleen om die draai en beduie wild met sy hande... ja eks laat want julle se lifte werk nie een nie! !!! Hoe moet mens nou hier kom... Ek het nou met n chopper van die dak af gekom! !! Almal lag uitbundig en die oom wys sy tandvleise! !!...duidelik is hy ‘n gereelde customer !.
Aan die ander kant in die verte van die gang roep n stem " fritows.... fritows.. buy one for 2 rand and 2 for 3 rand ... Chooocklates! !!! ".. almal begin na beursies soek en krap in die baie bagasie opsoek na 2 rand .. waar is die tannie met die samoosa trollie? ??? Vra iemand...` n nurse met `n hospitaal trollie waai om die hoek.... bo-op, een geel leer.. teleurstelling... fritows... fritows... klink dit al nader. Elk keer as die ou `n koper kry, duik hy in `n bont bagasie sak in en jy hoor hoe kraak die skyfies... teen die tyd wat iemand die laaste een koop.. gaan daar net genoeg krummels in die pakkie wees om "chippie hoender" mee te maak! ......:-)
Ek hou die nurse met die trollie dop. Sy loop by `n kantoor in en iemand vat die leer ... daar gaat sy weer... wonder of sy verbied is om aan die leer te vat.. hoekom anders die trollie? ? Jan Kiewiets ...met n z! ! Het die hele gang aan die skater oor sy opmerkings en manier van praat... sonder ophou! Uit die rigting van die chips-smous kom n vrou heupswaaiend aangestap.. die manne raak stil en staar na haar heupe... party onderlangs.. ander in die oog ! Sy geniet duidelik die aandag want sy flirt met van die ouens .. hand gebare en dan hande op die heupe... die heupe swaai effe meer toe sy verby stap en ek sien Jan Kiewiets se oe trek skeel soos hy probeer om nie te kyk nie !! In die proses lek hy oor sy lippe en hy is doodstil. !! Sy stap verby hom en hy draai sy rystoel om en staar agterna .... Aitsa ! Waar`s die dae dan nou .. daai ding wil gevat word... sê hy. En almal lag. Die tyd loop stadig maar die dag gaan verby. Dis teen 11h40 wat ons weer die trappe na die 6de verdieping wat ons vanoggend 06h00 uitgeklim het, af klim... Jan Kiewiets .. gaan deur my gedagtes.. hoe het die ou dit gedoen? ..

Nog stories boeta, dis my Sondagkoerant hierdie stories van jou.
ReplyDelete