Voorwoord
Voorwoord (Die rede vir hierdie storie skrywery) My hart is deurmekaar en my gedagtes blaai onwillekeurig deur die 8 jaar saam met die ideale “partner”. Toe ek hom ontmoet het die dag in Kimberley was die lang donker man aanvanklik saaklik, stil, huiwerig en op sy plek. Ons het egter gou vriende geraak want ons het albei 'n maat nodig gehad - iemand om die fokus weg te vat van ons probleme en negatiewe ervarings van ons verlede - iemand om die toekoms mee te deel. Alles het mooi geloop maar my besigheids bootjie was vinnig aan die sink en tenspyte van al die probeer slae het hy tog op die bodem gaan lê. Toe ek “down and out” was, was hy daar om my by te staan en vandag is daar deels ‘n gevoel van spyt en jammer dat ons nie meer probeer het nie, want dit klink of hy, net soos ek swaarkry met die uitmekaar ganery . Saam het ons gedroom en gewerk aan ' n lewe met genoeg geld en voorspoed. Maar Alles word duurder en geld minder. Spanning laai op en baie negatiewe goed wat ...