Draad loos
Die era van “draadloos” is nou al ‘n geruime tyd aan die gang en daar is verseker voor en nadele.
Ek het voorheen oor die dilemma van selfoon gebruik terwyl jy bestuur gesels, dis nou voor draadlose oor goed en slim klank sisteme waardeur jy met jou radio die nodige kon doen, Dit was die dae toe jy met die uitdaging van kabels wat met jou fikkerligte stokkie en die speke van die stuurwiel knoop sodra jy draai na watter kant toe ook al. Daai gesprekke was gevul met ongeduld, frustrasie en ‘n gesoek na die foon wat skielik op die vloer beland of die oorstuk wat uitgeruk is en total vermis was.
Sodoende was dit maar op die beste nie ‘n goeie kwaliteit gesprek nie en bitter min is daarna onthou van wat regtig gese was, want sien, met die “kyk waar jy ry” reels van die versekering en die K53 se magdom van “opserwasie tot dit veilig is” reels, was dit ‘n uitdaging van vormaat. Nou kan mens vra, hoekom het ons dit gedoen ? We elkeeen hets eker sy redes wat wissel van “ Heeltyd beskikbaar wees vir goeie kliente diens” tot ” netnou dink die mense ek ignorer hulle of dat ek siek is” Dink net aan die verduidelikings om dit te regverdig .
Nouja, hierdie “draadloos heid” het wyer uitgekring en skynbaar meer probleme gebring as wat mens dink. Voorbeeld, weer sit mens in ‘n motor , Die lig is rooi en agter jou staan ‘n string karre en die naaste ou begin besluit oor hoe hy om jou, oor jou of deur jou gaan ry. Mens kan dit in sy oe sien. Die dame in die kar langs jou is besg op sosiale media te text en lig net nou en dan ‘n oog om te sien of die lig groen is. Langs haar sit een wat ‘n baie snaakse gesig trek terwyl sy na haar foon kyk, seker maar om die listiffie perfek aan te smeer deur die “mirror app”. Eindelik gaan die lig groen, maar voordat mens uit 6 rate voorentoe en een agteruit kon besluit watter een die beste is om te gebruik, ontstaan daar in kompetiese tussen almal agter in die ry oor wie het die beste toeter het en wie kan die beste duentjie kan speel. Dis gaos want die vrou langs my verloor haar socialmedia gesprek en die foon val uit haar hand, shame, nou moet sy die ding onder die sitplek soek en kan nie eers ‘n opname van die konsert en kompetiese maak nie. Ek kry nie kans om te sien of die ander vrou geslaag het met die lipstffie nie want, die ou agter my het sy mind opgemaak en druk tussen my en die dames in……. hy gaan toe om my ry.
Moet se, dis baie warm in sy motor , dalk werk die lugreling nie en hy is haastig oppad garage toe want sy gesig is bloedrooi terwyl my aanstaar en wys hoe perfek hy sy naels, veral sy middelviger sin, geknip het, dalk moet ek die address by hom kry en vir die lipstiffie vrou ook gee. Hy jaag verby en daar is een speller in die konsert minder.
Die hele konsert storm tussen ons deur en toe die rook wolke gaan le en ek by die volende verkeerslig aankom, is dieselfde spellers in die konsert ook daar, net voor my ……. Die lig gaan groen en die hele storie herhaal homself. Dis toe dat ek besef, dit is omdat almal “draadloos” is ….. Ons praat mos van “hy is kort van draad” hierdie ouens het total hulle draad verloor ! Hulle konsert het ook eintlik ‘n ander naam “ Road rage” wat ook hulle die basiese beginsels van geduldigheid en begrip laat verloor het. Dus vriende, pasop vir die “draadlose” omgewing, dit kan jou waardes en basiese mens wees aantas.
Comments
Post a Comment