Voorwoord



My hart is deurmekaar en my gedagtes blaai onwillekeurig deur die 8 jaar saam met die ideale “partner”. Toe ek hom ontmoet het die dag in Kimberley was die lang donker man aanvanklik saaklik, stil, huiwerig en op sy plek. Ons het egter gou vriende geraak want ons het albei 'n maat nodig gehad - iemand om die fokus weg te vat van ons probleme en negatiewe ervarings van ons verlede - iemand om die toekoms mee te deel. Alles het mooi geloop maar my besigheids bootjie was vinnig aan die sink en tenspyte van al die probeer slae het hy tog op die bodem gaan lê.
Toe ek “down and out” was, was hy daar om my by te staan en vandag is daar deels ‘n gevoel van spyt en jammer dat ons nie meer probeer het nie, want dit klink of hy, net soos ek swaarkry met die uitmekaar ganery . Saam het ons gedroom en gewerk aan ' n lewe met genoeg geld en voorspoed.  Maar Alles word duurder en geld minder. Spanning laai op en baie negatiewe goed wat seermaak word uit frustrasie gesê. Ons menigsverskille word al meer en ons begin mekaar se probleme ignoreer in n poging om verdere konflik te vermy…..  skielik eendag,  is my goed myne en sy goed syne. ....

“Ek moet my kop skoon kry !”

Comments

  1. Aan die volgende ideale "partner" wat hier gaan lees: Die lewe bring mens tot besluite wat nie noodwendig gewild is onder ander of in retrospeksie, onder jouself en jou gevoelens nie, maar tog die regte ding is.

    Om mens te wees in volle reg is 'n onteenseglikke voorreg en om erkenning te gee aan mekaar se verskille en talente behoort altyd voor te loop in enige vriendskap en verhouding. Dit is hierop wat ek ons vriendskap graag wil bou en laat groei tot waar die lewe ons neem. Daardie dag wat al jou vrae beantwoord is en jy uitsien na 'n nuwe betekenisvolle lewe, sal ek daar wees Moet net nie te lank vat nie....ek word oud ! "So many things, so little time"

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Die nadraai van die Kaap kuier

Behandeling sonder Mediesefonds !