Posts

Die groot val

Die paar luilekker dae in die Kaap gaan gou verby. Twee dae voor ek moet terug reis, verander dinge drasties.   In my slaap broekie – die “voel-vry “ een met die weg knope en my “jaka-matrat-plakkies” tussen my tone stap ek die trap voor die eetsaal by die gastehuis af tuin toe met ‘n vroeë (6h00) koppie moerkoffie (altyd “on-tap”)! Ek   wil die son oor die berge sien opkom ! Die dag breek rooi oor die Bainskloof   en toe …… tussen die derde en die vierde trap iewers verloor my plakkies “grip” op die nat oppervlak en asof in “slow-motion” sien ek hoe die berge skud, die glasdeur ratel. Voëls skarrel weg en dis skielik “guyfox” . Duisende sterretjies ry saam met my tot by die onderste trap ! My koffie en my waardigheid lê iewers op die tweede of derde trap en ek neem vinnig voorraad van al die plekke wat mense van my ouderdom nie nou wil breek nie. Die verslag lewer, behalwe die pyn in my lies, geen noemenswaardige nuus op nie en toe … ja daai ding wat almal doen as hu...

Die geleentheid - Die " road trip “ met die ou Mercedes

Image
Die Benz moet Kaap toe en dit lyk `na n lekker breek so voor Kersfees om my kop skoon te kry. Aanvanklik, die moontlikheid van passasiers maar later verflou die belangstelling tot net ek alleen. Ek kry kwotasies vir terug vlieg - die goedkoopste is Kahlula. Steeds huiwer ek om die kaartjie te koop want daar is nog ‘n paar goed wat aan die Benz gedoen moet word. Sê nou net daar val ‘n mango in die drein ! Een oggend oor koffie vra Lewies “ wat van die trein ? dit kan mos net lekker wees” Die gedagte loop ‘n dag in my rond en ek google laatmiddag die “Shosholoza Meyl” – lyk na goeie waarde vir geld en die foto`s asook die website met die reis-program is baie profesioneel gedoen. Ek vul die kwotasie vorm in en stuur !!!! Die volgende oggend wonder ek oor die R2 500 wat dit gaan kos. Weer is dit koffie en Lewies – “Onthou man dit kos jou niks om daar te kom, Jaco staan in vir al die brandstof kostse en al wat jy moet doen is om dit te geniet”   Die kwotasie kom teen laatmiddag in ...

Voorwoord

Voorwoord (Die rede vir hierdie storie skrywery)   My hart is deurmekaar en my gedagtes blaai onwillekeurig deur die 8 jaar saam met die ideale “partner”. Toe ek hom ontmoet het die dag in Kimberley was die lang donker man aanvanklik saaklik, stil, huiwerig en op sy plek. Ons het egter gou vriende geraak want ons het albei 'n maat nodig gehad - iemand om die fokus weg te vat van ons probleme en negatiewe ervarings van ons verlede - iemand om die toekoms mee te deel. Alles het mooi geloop maar my besigheids bootjie was vinnig aan die sink en tenspyte van al die probeer slae het hy tog op die bodem gaan lê. Toe ek “down and out” was, was hy daar om my by te staan en vandag is daar deels ‘n gevoel van spyt en jammer dat ons nie meer probeer het nie, want dit klink of hy, net soos ek swaarkry met die uitmekaar ganery . Saam het ons gedroom en gewerk aan ' n lewe met genoeg geld en voorspoed.   Maar Alles word duurder en geld minder. Spanning laai op en baie negatiewe goed wat ...