Behandeling sonder Mediesefonds !
Die piekniek in Tygerberg hospitaal. Marius moet sy dr. vir roetine sien en aangesien hulle hom dalk gaan verdoof …vra dat ek saam gaan. Ons ry 5h00 uit Wellington ...dis nog donker... hier sit ons 5 de in die ry... ok maar net omdat ons kans gesien het vir die trappe op na die 6de vloer terwyl die hysbak stukkend is. Ander mense in die resies vir voor in die ry, is almal oud en siekker... kieries ... looprame ens .. stadig word die stoele vol en die kaartjies in die box op die toonbank meer... die belangrikste item hier in ontvangs van wes 6... is die box op die toonbank. !! As iemamd naby hom verby loop..gluur almal met `n "moenie rondf..k met die box" uitdrukking jou aan... LOS DIE BOX! . Die stoele is gou hard en die aanvanklikke vrolike ..goeie more verander na `n onderlangse brom in die baard....die oom links van my tik met sy skoensole op die vloer...klink soos `n ritme van die klopse wat hy besig is om te komponeer.. sy kop begin saam ritme hou en toe hy net mooi op