Die nadraai van die Kaap kuier
Die nadraai van die Kaap kuier
Die blou-been Kaap kuier lewer onverwags nog `n uitdaging op,,,,’n aanbod om die Bainskloof- pas konferensie Sentrum van die been af te kry en ook om die bemarking van die Bakkies se Gastehuis oor te neem.
Nagte stoei ek om oor hierdie besluit en met almal veral Meraai, Suzette en Riaan se bevestiging dat dit ‘n goeie geleentheid is, neem ek steeds huiwerig die besluit….daar is nog baie dinge wat my terug hou…My weggaan ... vriende....... meubels, klere en die worsies, hoe gaan ek dit doen !
In die volgende paar dae gebeur daar egter ‘n paar dinge wat my besluit makliker maak en ek koop `n vliegtuig kaartjie op die internet !!!
Oppad - geen omdraai meer nie !
Ek is versigtig opgewonde en weet nie wat wag nie. Kaap sal lekker wees ...verseker Wonder of almal wat belowe het wel gaan kom kuier? Sal maar sien..
Om 06h45 sit ek op die vliegtuig. Kulula ek wonder of ek darem "goeie" geselskap langs my gaan hê? :-) vlug is vol... die twee sitplekke langs my bly leeg.... nog mense stap in maar niemand pas by my verwagting in nie .. agnee net nie hy nie! – skouer-ruimte is nodig al drink mens net koffie …..! Asb ok nie sy nie.... miskien omdat ek 3 rye van agter sit gaan dit oop bly... oooogaats hier is sy nou. Swart rok baie lae hals .. .. LB size skat ek (Liewe Bliksem…net vir die “bors-kykers “ wat nie geweet het nie ).
Die kropduif kyk my uit die hoogte uit aan (ek sit reeds by die venster) .. `n statige bruin vrou met mooi sterk gesig. Ek laat my nie intimideer nie en bly sit. Bek-af vat sy maar die sitplek teen die gang. Die middel sitplek bly oop en eks half bly en half teleurgesteld. .. die stem oor die luidspreker maak lekker grappies tussen die verduidelikings deur en die mense skater. Veral oor die deel waar mens die lewens baadjie moet opblaas "om n wonder bra look “ te kry.. die “duif” sit haar hande onder die “Lb’s” in, klits hulle boontoe en sê “Haai
Harkie,, dink djy iek het die ding nodig ?? ….sy loer nou en dan na my kant toe …..maar ek sien niks.... die vliegtuig beur die lug in en kry rigting Kaap toe. Nou loer die tannie meer nie... sy kyk .. amper staar.. maar ek sien steeds niks. Sy begin oor my skouer deur die venster loer. Dankie tog vir die oop sitplek anders
was daar nie nou plek vir die “dairybell” deel nie . Gaan dit reën .. vra sy .. nee lyk nie so nie..antwoord ek deur ‘n getuite mond hier oor my skouer. ..(ek wil asb nie hierin vas kyk nie…. Die prentjie in my kop
is genoeg !!)
Wat gaan ons drink? Vra sy... wat? Het ek reg gehoor.. dis net net na 7 !!!!;“Sal jy jy vir my n wittekie bestel”. vra sy. .. (ek dink my mond hang oop).. toe maar ek sal self betaal en sy ruk `n R50 by haar hals uit. .. die kelner (Duidelik AA status) bring my koffie en haar wyn. ... ek bring `n glas vir mevrou.. sê sy. Nee man los dis plastiek goed en mens drink wyn net uit glas... die bottel is ok. Die prop skroef af en daar gaat hy. . Haar lippe krul om die bottle se, nek soos iemand wat bang is daar mors `n druppel. . 3 slukke en die outjie is leeg.... sy sit hom by die ander versameling in haar handsak.. ek wil dit vir die kinners gaan wys.... hulle glo nie mens kan innie lug drink nie... na 'n ruk staan sy op toilet toe..deure klap agter en skielik kyk almal in die agterste ry om..... daar is n gil uit die toilet. ... die waardin klop en vra .. is jy ok mevrou?
Die deur gaan oop en sy staan in die gang en skud soos sy lag. ...ek dog die ding sluk my in! !!!!! ek was nog nooit in die plekkie op `n vliegtuig nie.... wag tot die kinders hierdie storie hoor.... almal glimlag en sy kom sit.. hhooeeee nee nou het ek nog wyn nodig! !. . Nog n bottelkie verdwyn sonder moeite in die keel af.
Sy begin links en regs praat met `n los tong. Die vrou aan die anderkant van die gang lees die Bussiness Times. Sy laat sak die koerant en loer oor haar bril... " you should not be drinking so early in the morning " ... oogaats..... die tannie kyk haar met daai selde staar van netnou. . Se jdy ve my.... !!! Skree sy .. die waardin is gou daar..
Die tannie ruk nog n R50 uit die hals uit. ... hier kom moeilikheid .... the bar is nou closed madam and we will be landing shortly. Please do not bother the other passengers. .. nou is sy eers op`n stasie. Sy sit en maak geluide soos `n vliegtuig met haar mond....moenie worry nie man... ek soek nie `n man nie! !!! Sê sy en kyk
na my. Ek lag en sê.. jy is so `n statige dame en ek glo baie goed vir jou kinners..maar ek soek ook nie `n vrou nie .. dan is ons kiets !!! lag sy. Jisss ma djy is mooi en ordentlik.. nie so suur soos die koerantvrou hier
annerkant nie. Sê sy..... wiet sy daai ou brilletjie op haar neus laat haar stokoud lyk! !! Almal om ons volg nou skielik die storie.... die koerantvrou skud haar kop en begin die blokkiesraaisel invul. Die bruin tannie begin met haarself in `n snaakse stem praat... kompleet asof daar iemand in haar kop is wat met haar gesels.
..almal glimlag ... die koerantvrou loer vir haar maar sy is min gepla. Haar oë is toe en sy kuier lekker hardop met die een in haar gedagtes! !!! ... ek sukkel om by te hou want ek skryf nou soos dit gebeur.. sy stamp my arm .. " Check net dat hulle nie in my goed krap nie... ek gaan gou wie pis" se sy hardop !! Wat die d…ner doen jy op daai ding. Wat skryf jy... vra sy... aag sommer `n paar notas .. bang ek vergeet iets. .... ladies and gentleman, we will now start our decent for Cape Town ........ sy word vinnig vasgemaak en die besoek na die toilet moet maar wag…..”Touchdown”!!!! skree sy toe ons grondvat …..dankie tog..........
Kaapstad!
So hol almal in die gang by haar verby om hul bagasie te kry....niemand sien hoe sy in die badkamer in verdwyn nie....en so maak die die einde plek vir die opwinding en uitdagings wat voorle en wag....
Comments
Post a Comment