Opvolg en "Die Haai- Jack"





OPVOLG !!!!

Nouja…………na die trippie Kaapstad toe met die Merc en die Shosholaza Meyl terug Pretoria toe, het daar baie dinge gebeur om die lewe interessant te maak. Die behoefte om die humor daar in ook te deel, maak dit lekker en dus is daar nog meer vir die wat belangstel !!

Die verjaarsdag

Sommer so met die afklimslag van die trein af ..word ek gehijack … darem deur my eie famielie.. instede van terug Thwane toe , boender Riaan my blou- been en bagasie in sy motor in en ons ry dadelik sonder stop na Marloth Park naby Komatie poort waar Albert sy huis het.

Ons gaan vir n paar dae aangesien die reëling is dat ons Riaan se verjaarsdag in “die Bos “gaan vier… fyn beplan die twee !!!
Koedoes…kameelperde en vlakvarke eet by die voordeur uit ons hande uit en mens besef hoe gelukkig jy kan wees om hier te bly.

Riaan se verjaarsdag … die vorige aand reël ek en Albert vinnig n “grend” aandete by een van die lodges en hy nooi al sy nuwe vriende om saam te kom vier. Die oggend vroeg jaag ons Riaan uit die bed met n bottle sjampanje en ry ‘n draai tot by die rivier…. Hier tussen die seekoeie se geraas raak dit lekkerr … en warm !! terug by die huis klim ons 3 soos adam in die tuisgemaakte “jaquzi” met n hele kroegtoonbank op die wal..”(Ma se favorite song “3 coins in a fountain”)

Die water is “leeukoud” en as jy afkyk sien jy net maanhare ..want sien Albert het altyd soos pa Percy `n plan … man kan darem nie so in die son sit en kuier nie,, toe bou hy die ding onder die lapa….minder goggas, blare, son en boonop,, ! die ys smelt nie so vinnig nie ! Lekker kuier die 3 boeties … en word al “ouer” hoe langer ons sit !!. Vingers, elmboë, tone voete…boude alles kry plooie en kreukels van die water en om van die "leeus" nie eers te praat nie !!! soos tipiese katte hou die goed mos nie van koue water nie…as jy nou afkyk… herrinner mens aan `n skaam kanonnetjie wat op twee pap wiele rus …. Geen skoot gaan weer hieruit geskiet word sonder “buskryt” pilletjies vanaf die apteek nie !!!

Riaan se verjaarsdag… lekker hoekom doen ons dit nie weer nie !!!

Comments

Popular posts from this blog

Die nadraai van die Kaap kuier

Voorwoord

Behandeling sonder Mediesefonds !