Posts

Showing posts from July, 2013

Die nadraai van die Kaap kuier

Die nadraai van die Kaap kuier Die blou-been Kaap kuier lewer onverwags nog `n uitdaging op,,,,’n aanbod om die Bainskloof- pas konferensie Sentrum van die been af te kry en ook om die bemarking van die Bakkies se Gastehuis oor te neem. Nagte stoei ek om oor hierdie besluit en met almal veral Meraai, Suzette en Riaan se bevestiging dat dit ‘n goeie geleentheid is, neem ek steeds huiwerig die besluit….daar is nog baie dinge wat my terug hou…My weggaan ... vriende....... meubels, klere en die worsies, hoe gaan ek dit doen ! In die volgende paar dae gebeur daar egter ‘n paar dinge wat my besluit makliker maak en ek koop `n vliegtuig kaartjie op die internet !!! Oppad - geen omdraai meer nie ! Ek is versigtig opgewonde en weet nie wat wag nie. Kaap sal lekker wees ...verseker  Wonder of almal wat belowe het wel gaan kom kuier? Sal maar sien.. Om 06h45 sit ek op die vliegtuig. Kulula ek wonder of ek darem "goeie" geselskap langs my gaan hê? :-) vlug is vol... die twee

Opvolg en "Die Haai- Jack"

OPVOLG !!!! Nouja…………na die trippie Kaapstad toe met die Merc en die Shosholaza Meyl terug Pretoria toe, het daar baie dinge gebeur om die lewe interessant te maak. Die behoefte om die humor daar in ook te deel, maak dit lekker en dus is daar nog meer vir die wat belangstel !! Die verjaarsdag Sommer so met die afklimslag van die trein af ..word ek gehijack … darem deur my eie famielie.. instede van terug Thwane toe , boender Riaan my blou- been en bagasie in sy motor in en ons ry dadelik sonder stop na Marloth Park naby Komatie poort waar Albert sy huis het. Ons gaan vir n paar dae aangesien die reëling is dat ons Riaan se verjaarsdag in “die Bos “gaan vier… fyn beplan die twee !!! Koedoes…kameelperde en vlakvarke eet by die voordeur uit ons hande uit en mens besef hoe gelukkig jy kan wees om hier te bly. Riaan se verjaarsdag … die vorige aand reël ek en Albert vinnig n “grend” aandete by een van die lodges en hy nooi al sy nuwe vriende om saam te kom vier. Die oggend vroeg jaag

Shosholoza Meyl (Party noem dit die "Shoza Clora Meyl")

Ref vir trein 9032070.   4c Kompartement. 08h00 - Hier is ek nou op die stasie danksy bakkies met sy bus, stywe been en al. Die ontvangs is baie 5 ster en ek sak in die diep bank weg. Een vir een kom die passasiers in groepe aan. Grys koppe, blou koppe met so hier en daar `n perse. Buitelandse toeriste almal jonger. Derde groep was langer in die son as ons en praat Porra. Skielik is die sitkamer vol en ons kry tee/koffie/sap. Giles, pragtige Ausie jongman kom sit langs my en ons gesels oor al die gewone ditjies en datjies. Ek sien 2 ouens in "koöperasie " hemde en kakie broeke wat heel uitstaan by die res van die groep – hier is ‘n storie. Ek gaan bêre my glas en staan nader om met hulle te praat.   Sap ? vra die kelner, nee! koffie blaf die oom met   die snor. "Moerkoffie" las ek by. Hulle glimlag . Het julle al voorheen met die trein gery? Nee ons is so half verplig want Theo is te   bang om te vlieg en die voertuig moet hier bly vir die famielie! - hulle

Die groot val

Die paar luilekker dae in die Kaap gaan gou verby. Twee dae voor ek moet terug reis, verander dinge drasties. In my slaap broekie – die “voel-vry “ een met die weg knope en my “jaka-matrat-plakkies” tussen my tone stap ek die trap voor die eetsaal by die gastehuis af tuin toe met ‘n vroeë (6h00) koppie moerkoffie (altyd “on-tap”)! Ek   wil die son oor die berge sien opkom ! Die dag breek rooi oor die Bainskloof   en toe …… tussen die derde en die vierde trap iewers verloor my plakkies “grip” op die nat oppervlak en asof in “slow-motion” sien ek hoe die berge skud, die glasdeur ratel. Voëls skarrel weg en dis skielik “guyfox” . Duisende sterretjies ry saam met my tot by die onderste trap ! My koffie en my waardigheid lê iewers op die tweede of derde trap en ek neem vinnig voorraad van al die plekke wat mense van my ouderdom nie nou wil breek nie. Die verslag lewer, behalwe die pyn in my lies, geen noemenswaardige nuus op nie en toe … ja daai ding wat almal doen as hulle val – jy ky

Die geleentheid - Die " road trip “ met die ou Mercedes

Die Benz moet Kaap toe en dit lyk `na n lekker breek so voor Kersfees om my kop skoon te kry. Aanvanklik, die moontlikheid van passasiers maar later verflou die belangstelling tot net ek alleen. Ek kry kwotasies vir terug vlieg - die goedkoopste is Kahlula. Steeds huiwer ek om die kaartjie te koop want daar is nog ‘n paar goed wat aan die Benz gedoen moet word. Sê nou net daar val ‘n mango in die drein ! Een oggend oor koffie vra Lewies “ wat van die trein ? dit kan mos net lekker wees” Die gedagte loop ‘n dag in my rond en ek google laatmiddag die “Shosholoza Meyl” – lyk na goeie waarde vir geld en die foto`s asook die website met die reis-program is baie profesioneel gedoen. Ek vul die kwotasie vorm in en stuur !!!! Die volgende oggend wonder ek oor die R2 500 wat dit gaan kos. Weer is dit koffie en Lewies – “Onthou man dit kos jou niks om daar te kom, Jaco staan in vir al die brandstof kostse en al wat jy moet doen is om dit te geniet”   Die kwotasie kom teen laatmiddag in ma