Draad loos Die era van “draadloos” is nou al ‘n geruime tyd aan die gang en daar is verseker voor en nadele. Ek het voorheen oor die dilemma van selfoon gebruik terwyl jy bestuur gesels, dis nou voor draadlose oor goed en slim klank sisteme waardeur jy met jou radio die nodige kon doen, Dit was die dae toe jy met die uitdaging van kabels wat met jou fikkerligte stokkie en die speke van die stuurwiel knoop sodra jy draai na watter kant toe ook al. Daai gesprekke was gevul met ongeduld, frustrasie en ‘n gesoek na die foon wat skielik op die vloer beland of die oorstuk wat uitgeruk is en total vermis was. Sodoende was dit maar op die beste nie ‘n goeie kwaliteit gesprek nie en bitter min is daarna onthou van wat regtig gese was, want sien, met die “kyk waar jy ry” reels van die versekering en die K53 se magdom van “opserwasie tot dit veilig is” reels, was dit ‘n uitdaging van vormaat. Nou kan mens vra, hoekom het ons dit gedoen ? We elkeeen hets eker sy redes wat wissel van “ He
Posts
- Get link
- X
- Other Apps
Heelwat gebeur in die paar maande wat verby geglip het. "mens tel mos nie tyd nie" het Pa altyd gesê. die lewe het sy manier om jou besig to laat raak en dan eendag is daar tyd om weer stil te staan en te "reminisce" oor die dinge wat jou lewe ingekleur het. So nou is dit na bykans 5 jaar weer tyd om die inkleurboek nader te trek. Bakkies BnB - goeters wat mense vergeet of agterlaat Nouja terug by die gastehuis en die daaglikse bedrywigheid. Ek vang myself voor 'n sonder-klank TV starende na die beeld maar sien net die bewegings raak.... my gedagtes is by die opruim en skoonmaak vanoggend na gaste uit is............Interessant wat gaste alles agterlaat so na 'n aand of 2 in 'n gastehuis, Buiten die chips, leë Sjokolade papiere leë bierbottels en take-Away kos houers....selfoon laaiers, kamme, tandeborsels en sjampoe Alles goed wat mens verwag maar dan is daar die "ander" goeters wat soms 'n groot vraagteken op jou gesig laat
Behandeling sonder Mediesefonds !
- Get link
- X
- Other Apps
Die piekniek in Tygerberg hospitaal. Marius moet sy dr. vir roetine sien en aangesien hulle hom dalk gaan verdoof …vra dat ek saam gaan. Ons ry 5h00 uit Wellington ...dis nog donker... hier sit ons 5 de in die ry... ok maar net omdat ons kans gesien het vir die trappe op na die 6de vloer terwyl die hysbak stukkend is. Ander mense in die resies vir voor in die ry, is almal oud en siekker... kieries ... looprame ens .. stadig word die stoele vol en die kaartjies in die box op die toonbank meer... die belangrikste item hier in ontvangs van wes 6... is die box op die toonbank. !! As iemamd naby hom verby loop..gluur almal met `n "moenie rondf..k met die box" uitdrukking jou aan... LOS DIE BOX! . Die stoele is gou hard en die aanvanklikke vrolike ..goeie more verander na `n onderlangse brom in die baard....die oom links van my tik met sy skoensole op die vloer...klink soos `n ritme van die klopse wat hy besig is om te komponeer.. sy kop begin saam ritme hou en toe hy net mooi op
Voete Vind !!
- Get link
- X
- Other Apps
Die Aanpassing Eerste paar dae is maar deurmekaar en ek moet gewoond raak om nie die “shots te Call” nie. Die span is almal baie bly dat ek by hulle aangesluit het en ek word op die hande gedra. Ek blaai deur my goed met die afpak slag en merk dat my Bestuurderslisensie oor 2 weke verval … Nou ja gelukkig ken “ons mense in al die regte plekke” in Wellington en dit word gou uitsorteer. Vriend Maruis (is n bedonnerde 64 jaar oud maar steeds baasbakker en chef – 72 tert korse sien hulle gat in een dag en volgende oggend staan 32 meester melkterte reg vir die bazaar – skenking van Bakkies en Ronel) is veral bly dat ek daar is en die werk word so tussen ons 4 verdeel. Bakkies is “baas”..en help waar dit nodig is en skryf tjeks .. (die goue gans) ..Ronel is “Housekeeping”....(niemand kruis haar pad nie !!!) Marius kombuis / chef en (Mrs Doubtfire….) ek Bemarking en admin !! (nog nie `n naam nie…net die ou met al die nuwe idees wat die besigheid uit die potlood en uitveër jare na inte
Die nadraai van die Kaap kuier
- Get link
- X
- Other Apps
Die nadraai van die Kaap kuier Die blou-been Kaap kuier lewer onverwags nog `n uitdaging op,,,,’n aanbod om die Bainskloof- pas konferensie Sentrum van die been af te kry en ook om die bemarking van die Bakkies se Gastehuis oor te neem. Nagte stoei ek om oor hierdie besluit en met almal veral Meraai, Suzette en Riaan se bevestiging dat dit ‘n goeie geleentheid is, neem ek steeds huiwerig die besluit….daar is nog baie dinge wat my terug hou…My weggaan ... vriende....... meubels, klere en die worsies, hoe gaan ek dit doen ! In die volgende paar dae gebeur daar egter ‘n paar dinge wat my besluit makliker maak en ek koop `n vliegtuig kaartjie op die internet !!! Oppad - geen omdraai meer nie ! Ek is versigtig opgewonde en weet nie wat wag nie. Kaap sal lekker wees ...verseker Wonder of almal wat belowe het wel gaan kom kuier? Sal maar sien.. Om 06h45 sit ek op die vliegtuig. Kulula ek wonder of ek darem "goeie" geselskap langs my gaan hê? :-) vlug is vol... die twee
Opvolg en "Die Haai- Jack"
- Get link
- X
- Other Apps
OPVOLG !!!! Nouja…………na die trippie Kaapstad toe met die Merc en die Shosholaza Meyl terug Pretoria toe, het daar baie dinge gebeur om die lewe interessant te maak. Die behoefte om die humor daar in ook te deel, maak dit lekker en dus is daar nog meer vir die wat belangstel !! Die verjaarsdag Sommer so met die afklimslag van die trein af ..word ek gehijack … darem deur my eie famielie.. instede van terug Thwane toe , boender Riaan my blou- been en bagasie in sy motor in en ons ry dadelik sonder stop na Marloth Park naby Komatie poort waar Albert sy huis het. Ons gaan vir n paar dae aangesien die reëling is dat ons Riaan se verjaarsdag in “die Bos “gaan vier… fyn beplan die twee !!! Koedoes…kameelperde en vlakvarke eet by die voordeur uit ons hande uit en mens besef hoe gelukkig jy kan wees om hier te bly. Riaan se verjaarsdag … die vorige aand reël ek en Albert vinnig n “grend” aandete by een van die lodges en hy nooi al sy nuwe vriende om saam te kom vier. Die oggend vroeg jaag
Shosholoza Meyl (Party noem dit die "Shoza Clora Meyl")
- Get link
- X
- Other Apps
Ref vir trein 9032070. 4c Kompartement. 08h00 - Hier is ek nou op die stasie danksy bakkies met sy bus, stywe been en al. Die ontvangs is baie 5 ster en ek sak in die diep bank weg. Een vir een kom die passasiers in groepe aan. Grys koppe, blou koppe met so hier en daar `n perse. Buitelandse toeriste almal jonger. Derde groep was langer in die son as ons en praat Porra. Skielik is die sitkamer vol en ons kry tee/koffie/sap. Giles, pragtige Ausie jongman kom sit langs my en ons gesels oor al die gewone ditjies en datjies. Ek sien 2 ouens in "koöperasie " hemde en kakie broeke wat heel uitstaan by die res van die groep – hier is ‘n storie. Ek gaan bêre my glas en staan nader om met hulle te praat. Sap ? vra die kelner, nee! koffie blaf die oom met die snor. "Moerkoffie" las ek by. Hulle glimlag . Het julle al voorheen met die trein gery? Nee ons is so half verplig want Theo is te bang om te vlieg en die voertuig moet hier bly vir die famielie! - hulle